Bethesda, Maryland

Bethesda (/bəˈθɛzdə/) is 'n nie-geïnkorporeerde, sensus-aangewese plek in die suide van Montgomery County, Maryland, Verenigde State, geleë net noordwes van Washington, D.C.. Dit kry sy naam van 'n plaaslike kerk, die Bethesda Meeting House (1820, herbou 1849), wat op sy beurt sy naam van Jerusalem se Poel van Bethesda gekry het.[1] Die National Institutes of Health se hoofkampus en die Walter Reed Nasionale Militêre Mediese Sentrum is in Bethesda, benewens 'n aantal korporatiewe en regeringshoofkwartiere.

'n Lugfoto van NIH in Bethesda, Maryland.
Bethesda, Maryland - 'n blik op die middestad
Bethesda, Maryland - noorde uitsig op Wisconsinlaan.
Bethesda, Maryland met Hoërskool Bethesda Chevy Chase op die voorgrond

As 'n nie-geïnkorporeerde gemeenskap het Bethesda geen amptelike grense nie. Volgens die 2020 Verenigde State-sensus het die gemeenskap 'n totale bevolking van 68 056 gehad.[2]

  1. "Where Are You From? - Credo Reference". credoreference.com.
  2. "QuickFacts: Bethesda CDP, Maryland". United States Census Bureau. Besoek op 17 Augustus 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search